Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy Voorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

DAG 6 VAN 6

Ware vryheid is slegs moontlik in die aanvaarding van die heerskappy van Christus. Ons huidige samelewing bewys dit.

Ware vryheid is slegs moontlik in die aanvaarding van die heerskappy van Christus. Ons huidige samelewing bewys dit. Die vroeë kerk se eerste "Belydenis van Geloof" was: Jesus is die Kurios. Ons moet onsself voortdurend afvra: Is dit ook ons eerste en belangrikste belydenis? Die samelewing van daardie tyd het gesê: Caesar is die Kurios. Kurios is die Griekse woord vir Here.

'n Persoonlike vraag: Hoe groot is jou God? As jy aan Hom dink, wat is Hy in staat om te doen? Wat ons bid openbaar baie meer oor ons siening van die heerskappy van Christus as wat ons bereid is om te erken. Wanneer jy bid, onthou jy sy wonderwerke, genesings, die storm wat Hy stilgemaak het, die dooies wat opgewek is en sy lewe wat mense verbaas het as gevolg van sy woorde, dade en die resultaat daarvan?

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid