Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy Voorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

DAG 3 VAN 6

Die Heerskappy van Christus is 'n hartsingesteldheid

"Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul" (Kolossense 2:6-7).

"En Thomas sê vir Hom: 'My Here en my God!'" (Johannes 20:28).

Jesus se Koningskap begin in ons harte. Dit is nie 'n stel reëls of ‘n aantal leerstellings nie. Mense wat Jesus kan "sien" met hulle geestelike oë, sy soewereiniteit verstaan en aanvaar, onderwerp hulle vrywillig aan die heerskappy van Christus. Om Jesus te sien, lei tot twee reaksies: óf mense erken sy Koningskap en aanbid Hom, óf hulle verwerp Hom, kom in opstand teen Hom en haat Hom, omdat hulle sê: "Ek wil my eie mens wees."

Jesus vra jou hele hart. Ons lees verskeie kere in die Skrif van mense wat dubbelhartig was – dit beteken hulle het twee gedagtes (Jakobus 1:8) of mense wat twee harte gehad het (letterlik vertaal: “'n hart en 'n hart" (1 Kronieke 12:33). Ons kan nie een hart vir Jesus en 'n ander vir onsself hê nie.

As ons sê Jesus is ons Here, moet ons doen wat Hy sê. Ons moet Hom gehoorsaam. So baie mense "commit" hulleself om Jesus te volg. "Commit" beteken dat ék besluit hoeveel ek gaan gee. Dit is nie 'n konsep wat ons in die Bybel vind nie. Die Bybel praat van oorgawe. Oorgawe beteken dat ons alles prysgee – elke dag. Dit is 'n lewenslange reis van oorgawe aan Jesus. Daar is net een plek vir een persoon op die troon – Jesus deel nie sy troon nie.

Gehoorsaamheid: Is daar iets in jou lewe wat nie onder die heerskappy van Christus staan nie? Hanteer dit. Om dit met iemand te deel en saam met iemand daaroor te bid, is soms baie waardevol.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid