Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy Voorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

DAG 2 VAN 6

Die aanvaarding van die Koningskap van Christus

Vandag is daar 'n groot fokus op Jesus as Verlosser, sy liefde, genade en barmhartigheid. Oor die algemeen is daar egter beperkte fokus op sy Koningskap omdat ons nie daarvan hou dat iemand oor ons “baasspeel” nie. Die wêreld en baie Christene verwerp die Koningskap van Jesus – en betaal 'n duur prys daarvoor. As ons nie God se liefde verstaan nie, Jesus se offer aan die kruis en die prys wat Hy betaal het om die hemel ter wille van ons te verlaat nie, sal Jesus beleef word as ‘n tiran wat oor ons wil heers en sy wil op ons wil afdwing. Mense sal nie kan sien dat vryheid slegs in die totale onderwerping aan die heerskappy van Christus moontlik is nie.

In die boek Handelinge is daar 92 verwysings waar Jesus as Here beskryf word en 747 keer in die hele Nuwe Testament. Daarteenoor word Jesus twee keer in Handelinge die Verlosser genoem en nog 24 keer in die res van die Nuwe Testament. Een van die kern boodskappe van die Bybel is dat "Jesus die Here is". Dit beteken Jesus Christus is die Kurios (Here), die Meester, oppermagtig bo elke ander mag.

Kyk na die volgende Skrifgedeeltes:

"In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here" (1 Petrus 3:15).

"As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word" (Romeine 10:9).

"Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is" (Matteus 7:21-23).

Sendeling S.M. Swemer het gesê: "Tensy Jesus die Here van alles is, is Hy nie Here nie."

Gehoorsaamheid: Watter areas in jou lewe staan nie onder die heerskappy van Jesus nie? Vra die Heilige Gees om sulke areas vir jou uit te wys — areas van selfliefde en om "my eie baas" te wees.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid