Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy Voorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

DAG 5 VAN 6

Wanneer Jesus terugkom, sal daar geen twyfel wees oor wie die Here is nie

Daar sal groot chaos wees wanneer die Here van die here en Koning van die konings (Openbaring 17:14) na die aarde terugkeer. Dit is baie duidelik uit Openbaring 6:15-17: "Die konings van die aarde, die hoofamptenare en die opperbevelhebbers, die rykes en die magtiges, ja, al die mense, slawe en vryes, het in die grotte en onder die kranse van die berge weggekruip. Hulle het vir die berge en die kranse gesê: Val op ons en bedek ons vir die oë van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam. Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly?"

Francis Shaeffer het gesê dat Evangeliese Christene geneig is om baie aspekte van die lewe na die rand van hul lewens te skuif. Ten spyte van ons voortdurende gesprekke oor die heerskappy van Christus, het ons die omvang daarvan, verklein tot 'n baie klein deel van ons lewens.

Dit kom wydverspreid in evangelisasie voor dat mense uitgenooi word om Jesus as Verlosser te volg, maar nie om dit duidelik te maak dat mense Jesus ook as Here moet aanvaar nie. Ons moet Jesus as Here en Verlosser volg. Dit is onmoontlik om te sê Jesus is my Verlosser sonder om te sê Jesus is my Here.

Miskien is een van die regte redes waarom Christene nie na die ongereddes, die onbereiktes gaan nie, nie hulle hande wil vuil maak deur die armes te help, nie betrokke wil raak by slawe en mense wat uitgebuit word nie, nie betrokke wil raak by ‘n wêreld vol pyn, verlorenheid en gebrokenheid nie, omdat hulle nie Jesus se heerskappy ten volle wil aanvaar en hulle daaraan onderwerp nie. Die Gees roep mense voortdurend op om betrokke te raak by die behoeftes van mense. Die meerderheid sê egter net eenvoudig "Nee". Dit beteken ons verwerp Jesus as Here. Die probleem is nie dat God ons roep om te gaan nie, maar dat mense bloot net vir die God van die heelal sê: "Nee, ek het my eie dinge om te doen. U het my gered, maar los my nou uit asseblief."

Gehoorsaamheid: Kan ander sien dat Jesus die Here van jou lewe is?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid