Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy Voorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.13 in ‘n reeks van 25 leesplanne.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor sy heerskappy

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Johannes 1:12-13 en Johannes 3:16-18

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my sê uit hierdie spesifieke Skrifgedeelte?

Besin oor hierdie Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in ons lewens? (Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Johannes 1:12-13 en Johannes 3:16-18 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Ons moet altyd oorgaan van inligting na gehoorsaamheid: Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense om jou? Wees baie spesifiek.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy

Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid