Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 27 VAN 29




Selfs in Ongeloof

Lees: Lukas 1:57–80

SOAP: Lukas 1:68–71

“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. 'n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid. So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy heilige profete: om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters.”

Oordenking

Johannes se geboorte het nogal 'n oproer veroorsaak. Sy vader was vir 'n paar maande lank stom en sy moeder was ver verby die ouderdom om 'n kind te baar. Al die bure en familie het gehoor dat God groot genade betoon het aan hierdie familie en hulle was saam met Elisabet en Sagaria verheug.

Sagaria het die wet en die woorde van die profete geken, asook wat God vir sy mense gedoen het. Hy was 'n priester, een van net 'n paar mense wat in die Heilige — die binne ruimte van die tempel waar God se teenwoordigheid was — kon ingaan. Hy was getrou en vroom, maar in die oomblik toe die engel vir hom die nuus gebring het dat Elisabet 'n seun gaan hê, het hy toegelaat dat sy ongeloof die oorhand oor hom kry.

Nogtans was die God wat die Messias en sy voorloper in die wêreld ingebring het — deur wonderbaarlike en hoogs onwaarskynlike swangerskappe — dieselfde God wat barmhartigheid en vergifnis aan Sagaria gebring het. God was nie te besig om die wêreld te red om Sagaria se spraak te herstel nie. Toe Sagaria sy seun benoem het, het hy gehoorsaamheid sowel as geloof getoon in wat God besig was om te doen en God het genade aan hom betoon.

Op daardie oomblik was Sagaria gevul met lofprysing en het hy die ongelooflike heiligheid en goedheid van God verkondig. Hy het God se goedheid en sy plan om sy volk te verlos, 'n plan wat voor sy oë besig was om te ontvou, verkondig.

Ons sal nooit tot ons in die hemel is, ten volle vry wees van smagtinge, foute, skande of ongeloof nie. Maar wat ons so pragtig in Sagaria en Elisabet se lewens sien, is die manier waarop God nie net al hierdie dinge verlos nie, maar Hy gebruik dit ook tot sy glorie. Die gemeenskap rondom Sagaria en Elisabet het geweet dat hulle nie 'n kind kon hê nie, en hulle het geweet dat Sagaria vir sy ongeloof bestraf is. Toe hulle God se barmhartigheid aan hierdie familie gesien het, was hulle almal verheug.

God het ongetwyfeld vir Sagaria en Elisabet in hul jare van pyn en smagting raakgesien. Hy was genadig ten spyte van hulle foute en het beide van hulle gebruik om hulle gemeenskap aan te moedig en sy naam te verhef. Hy is vandag dieselfde God. Wat is Hy besig om in jou lewe te herstel, selfs in jou smagting en kortstondige ongeloof?

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid