Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 13 VAN 29




Neem ons Lyding

Lees: Jesaja 53:4; Matteus 8:14–17; Johannes 9:1–7; 2 Korintiërs 12:9–10

SOAP: Jesaja 53:4

"Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word."

Oordenking

Toe die profeet Jesaja die Lydende Dienaar beskryf het, het hy 'n Messias beskryf wat redding vir alle mense moontlik sou maak deur hulle lyding op Hom te neem. Ons het gister in ons teksvers gesien hoe Jesus ons sonde op Hom geneem het en ons van die lyding van die dood bevry het. Hy het gesterf sodat ons sondes vergewe sou word.

Maar wat van ons aardse lyding? Ons het almal al hartseer, siekte, verlies, verraad en verlating ervaar. Dit kan aanloklik wees om te glo dat hierdie pynlike omstandighede die gevolg van ons sonde is. Dit was 'n algemene geloof in Jesus se tyd, toe mense geglo het dat hulle siekte die gevolg was van óf hul eie sonde óf hul ouers se sonde.

Jesus wys vir ons dat dit nie die geval nie is. Hy het 'n blinde man genees om die krag en liefde van God te openbaar. ’n Ander keer het Jesus koors van ’n vrou weggeneem en toe baie duiwelbesete en siek mense genees. Hierdie dade van genesing het vervul wat Jesaja gesê het, dat die Messias ons siektes op Hom sou neem en ons pyn sou dra.

Dieselfde God wat siektes genees het en die pyn van sy volk gedra het, is die God wat ons vandag dien. Hy neem dalk nie ons fisieke lyding weg terwyl ons op hierdie aarde lewe nie, maar ons kan vol vertroue wees dat Hy 'n doel het met ons pyn.

Die man wat blind gebore is se siekte het eer aan God gebring en baie het as gevolg daarvan in Jesus geglo. God doen dieselfde vir ons. Ons kan dit dalk nie vandag sien nie, maar Jesus gebruik ons pyn vir sy eer. Hy het 'n groter plan. Te midde daarvan dra Hy ons pyn. Ons sal pyn en lyding ervaar, maar ons kan rus in die wete dat Hy dit werklik saam met ons en vir ons dra.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid