MATTEUS 8:14-17

MATTEUS 8:14-17 AFR83

Toe Jesus in die huis van Petrus kom, sien Hy Petrus se skoonmoeder siek lê met 'n hoë koors. Hy het haar hand gevat, en die koors het haar verlaat. Sy het opgestaan en Hom bedien. Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met 'n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak. So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is