Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 12 VAN 29




Ons Volmaakte Offer

Lees: Levitikus 16; Hebreërs 10:1–12

SOAP: Hebreërs 10:10–12

"Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd. Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit."

Oordenking

God het die volk Israel as sy eie afgesonder. Sodoende het God vir die mense 'n baie spesifieke stel wette gegee om te volg. Die mense moes gereeld diere as offers vir hul sondes bring. Dit was 'n herinnering dat die gevolg van sonde die dood is.

Elke jaar sou die hoëpriester deur 'n spesifieke stel rituele gaan om die tempel, homself en die diere wat opsy gesit is om geoffer te word, te reinig en te suiwer. Die sondes van die mense is seremonieel na die dier oorgedra, en die dier is geslag as betaling vir die mense se sondes. Hierdie offers, wat jaar na jaar gemaak is, kon nooit die mense se sondes bedek nie. In plaas daarvan was hulle 'n simbool en 'n belofte van 'n volmaakte offer wat sou kom.

Jesus is daardie volmaakte offer. Anders as die ander hoëpriesters in Israel, was dit nie vir Hy nodig om Homself van sonde te reinig nie. Daarom, in plaas daarvan om sy sonde oor te dra op 'n dier om geslag te word, het Hy ons sondes op Homself geneem. Hy het Homself as 'n offer gebring en niemand nodig gehad om tussen Hom en God te staan nie, want Hy was die volmaakte, sondelose offer. Omdat Jesus ewig is, bedek die offer wat Hy gebring het ons vir ewig, anders as die jaarlikse offers wat die Israeliete gemaak het.

Dit is die Goeie Nuus van die evangelie! Alhoewel ons nie diere-offers maak soos die Israeliete dit gedoen het nie, probeer ons dikwels om op ons eie manier offers aan God te bring. Ons probeer om God te behaag en op te maak vir ons sondes deur "goeie werke" te doen, soos om kerk toe te gaan, ons Bybel te lees of te bid. In plaas daarvan om op Jesus se offer te vertrou om ons te red, kan ons daarin verval om te glo dat ons werke nodig het om ons te red.

Sy offer was genoeg. Dit sal altyd genoeg wees. Daar is niks wat ons kan doen wat ons in 'n regte verhouding met God sal bring of dat Hy ons op een of ander manier meer lief sal hê nie. Hy onthou nie meer ons sondes nie, want Hy het ons deur sy eie heiligheid vervolmaak. Jesus is die volmaakte offer!

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid