Leesplan inligting

Elke nuwe dagVoorbeeld

Elke nuwe dag

DAG 6 VAN 7

God gee om vir jou

Ons word in ons smart getroos wanneer ons besef God gee vir ons om. Hoe kan jy jou geloof onteer deur die hele tyd so bekommerd te lyk? Wees geduldig, kind van lyding. God het nie van jou vergeet nie. Hy wat die mossies voed, sal vir jou gee wat jy nodig het. Moenie dat wanhoop jou onderkry nie.

Daar is Een wat vir jou omgee. Moenie in God se genade twyfel wanneer jy voor probleme te staan kom nie. Glo dat Hy jou in moeilike tye net so liefhet as in gelukkige tye. As jy met jou hele siel op Hom vertrou, hoekom nie ook met jou liggaam nie? Laat jou bekommernisse in die hande van ’n genadige God.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Elke nuwe dag

Charles Spurgeon wil jou herinner dat dié wat hul siel aan Christus se sorg toevertrou het, sal vind dat Hy hulle getrou bewaar. Mag God jou oortuig van jou sekuriteit in Christus en mag jy Hom hoor fluister: “Moenie ban...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid