Leesplan inligting

Elke nuwe dagVoorbeeld

Elke nuwe dag

DAG 1 VAN 7

Om slegte nuus te hanteer

Christen, jy moenie bang wees om slegte nuus te ontvang nie. As jy nie vir God gehad het na wie toe jy kan hardloop nie, sou dit anders gewees het. Vrees vir slegte nuus kan jou laat sondig. Ongelowiges hardloop dikwels na die verkeerde oplossings toe in hul pogings om aan moeilikheid te ontkom. As jy bang word, doen jy dalk dieselfde ding.

Vertrou op die Here. Wag geduldig op Hom. As jy vrees toelaat om oor te neem wanneer jy slegte nuus hoor, sal jy nie in staat wees om dit te hanteer met die kalmte wat jy nodig het nie. Hoe kan jy God verheerlik as jy ’n lafaard is? Hoe gaan jy die Here verheerlik as jy vol twyfel en wanhoop is, so al asof daar géén hoop is nie? Hou moed. Vertrou op die getrouheid van God.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Elke nuwe dag

Charles Spurgeon wil jou herinner dat dié wat hul siel aan Christus se sorg toevertrou het, sal vind dat Hy hulle getrou bewaar. Mag God jou oortuig van jou sekuriteit in Christus en mag jy Hom hoor fluister: “Moenie ban...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid