Leesplan inligting

Elke nuwe dagVoorbeeld

Elke nuwe dag

DAG 5 VAN 7

In vurige beproewings

Troos jouself met dié gedagte: Laat droefheid kom; God het my gekies. Wat ook al met my gebeur in hierdie vallei van trane, weet ek dat Hy my gekies het.

Onthou: die Seun van die mens is saam met jou in die smeltkroes. Jy kan Hom nie sien nie, maar jy kan sy hande op jou voel. Moenie bang wees nie, Christen. Jesus is by jou in al jou vurige beproewings. Sy teenwoordigheid is daar om jou te troos én te beskerm. Hy sal nooit een van sy uitverkorenes in die steek laat nie. Gryp dus sy hand en volg waar Hy lei. Selfs in die vallei van doodskaduwee sê Hy: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God” (Jesaja 41:10).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Elke nuwe dag

Charles Spurgeon wil jou herinner dat dié wat hul siel aan Christus se sorg toevertrou het, sal vind dat Hy hulle getrou bewaar. Mag God jou oortuig van jou sekuriteit in Christus en mag jy Hom hoor fluister: “Moenie ban...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid