Leesplan inligting

Elke nuwe dagVoorbeeld

Elke nuwe dag

DAG 2 VAN 7

’n Kragtige gebed

“Help tog, Here.” Hierdie gebed in Psalm 12:2 is merkwaardig omdat dit kort is, maar tog aktueel. Dit gee uitdrukking aan die versugtinge van die psalmdigter en dit suggereer dat die Here sterk genoeg is om te help. Hierdie drie woorde is reguit, duidelik en onderskeidend. Hulle sê meer as wat baie van ons in ons mompelende smeekbedes sê. Die psalmdigter gaan reguit na God toe. Hy weet wat hy wil hê en waar om dit te kry.

Ons kan baie geleenthede vind om hierdie eenvoudige gebed te bid. As hierdie gebed in opregtheid deur Jesus gebid word, is die antwoord daarop seker. Die Here het belowe dat Hy sy mense nie sal verlaat nie. Hy waarborg sy hulp in Jesaja 41:14: “Moenie bang wees nie, Ék help jou.”

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Elke nuwe dag

Charles Spurgeon wil jou herinner dat dié wat hul siel aan Christus se sorg toevertrou het, sal vind dat Hy hulle getrou bewaar. Mag God jou oortuig van jou sekuriteit in Christus en mag jy Hom hoor fluister: “Moenie ban...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid