Om God Te AanbidVoorbeeld

Hoe om Lewende Aanbidding te Hê
Ons moet toelaat dat God Homself in ons kan wees. Dit beteken ons moet Hom ook gun om Homself in ander te wees. Ons moet nie die wyse waarop 'n ander persoon aanbid veroordeel nie.
Aanbidding wat egter eksklusief is of tot die vlak van populêre vermaak daal, aanbidding wat emosioneel of esteties is, is nie ware aanbidding nie. Dit het die uiterlike vorm sonder die werklikheid. Waarna ons verlang, is lewende aanbidding. Maar hoe gebeur dit?
Ons kerke moenie plekke wees waarheen diegene wat nie wedergebore is nie, Sondae gaan omdat hulle van "die aanbidding hou" nie. Ons kerke behoort plekke te wees waar dié wat nie wedergebore is nie ongemaklik voel omdat dit die Gees is wat belangrik is en wat eerste kom. Ons oorheersende beginsel moet gehoorsaamheid aan die Gees wees, ongeag waar Hy ons lei.
Psalms 37: 4 het betrekking op ons almal, wie ons ook al is of wat ons ook al wil hê. Wanneer ons onsself in die Here verheug, kan sommige van ons begeertes verdwyn en vervang word deur nuwe ambisies. Dit sal dus nie wys wees om 'n sekere vorm of doelwit van aanbidding voor te stel nie. Ons moet eerstens seker wees dat ons onsself in die Here verheug en dan sien wat God doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Elke dag se oordenking gee insig hoe om God in alle aspekte van die lewe te aanbid en sal lesers inspireer om hulle harte geheel en al op hulle verhouding met Christus te fokus. Hierdie oordenking is gebaseer op R. T. Kendall se boek "Worshipping God" (R. T. Kendall was 25 jaar lank die predikant van die Westminster Kerk in Londen, Engeland.)
More
Verwante Leesplanne

Ware Aanbidding

'n Passie vir Aanbidding

'n Lewenswyse van Aanbidding

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Die Woord van God vir Elke Behoefte

Jesus: Ons Oorwinningsbanier

Oggende Saam Met Die Heilige Gees

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs
