Leesplan inligting

Om God Te AanbidVoorbeeld

Worshipping God

DAG 1 VAN 6

'n Lewenswyse van Aanbidding


Toe ek 'n hobospeler in die simfonie-orkes was, het ek geleer, wanneer die dirigent 'n musiekstuk uitdeel, hy wou hê dat elke lid dit gedurende die week moes oefen. Ek moes dus die bladmusiek saam met my huis toe neem. Hoe goed die orkes by die volgende oefening opgetree het, het alles daarvan afgehang tot watter mate elke persoon sy deel gehanteer het.



Dit is dieselfde met aanbidding. As ons skynheilig is, as ons nie ons geloofsbelydenis in die werklikheid uitleef nie, dan sal ons in die kerk van noot af wees en die musiek nie vir God aangenaam wees nie.



Wat elkeen van ons 24 uur per dag is, is meer belangrik as wat een keer per week in die kerk gebeur. Die geheim van aanvaarbare aanbidding lê in hoe ons tuis of by die werk optree en wanneer ons alleen is en niemand weet wat ons doen nie. Dit lê in ons algehele lewenswyse.



Die manier waarop ons onsself, ses dae 'n week, beskerm teen skynheilige optrede, is om die Woord van God in ons lewens toe te pas. Om dit te kan doen, moet ons alle bitterheid uit ons lewens verban. Ons moet daarna strewe om gevul te word met liefde en met totale vergifnis en aanvaarding van mekaar. Ons moet opofferende lewens lei en elke oomblik net probeer om God lief te hê en Hom in heiligheid, nederigheid en gebed te dien.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Worshipping God

Elke dag se oordenking gee insig hoe om God in alle aspekte van die lewe te aanbid en sal lesers inspireer om hulle harte geheel en al op hulle verhouding met Christus te fokus. Hierdie oordenking is gebaseer op R. T. Ke...

More

Baie dankie aan R. T. Kendall en "Charisma House" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/kendallkindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid