Leesplan inligting

Om God Te AanbidVoorbeeld

Worshipping God

DAG 4 VAN 6

Aanbidding met die Hele Persoonlikheid


Wanneer ons praat van die aansporing van die Gees, praat ons in ‘n sekere mate oor gevoelens. Ek erken dit is gevaarlik, want gevoelens kan mense lei om vreemde dinge te doen.



Mense wat oordrewe pligsgetrou is, wat deur skuldgevoelens gedryf word, mag vir 'n verkeerde optrede probeer vergoed deur iets te doen wat hulle dink die wil van God is. Iemand kan hom of haar verbeel dat hulle die aansporing van die Gees voel wanneer hulle in werklikheid net ‘n menslike poging aanwend, op soek na versoening vir ‘n mislukking in die verlede. Wanneer die aansporing van die Gees gehoorsaam word, lei dit altyd tot 'n gevoel van besondere vrede.



Dit is maklik om te dink dat die enigste aansporing wat saak maak, briljante denke of diepte is. God wil egter nie net op ‘n intellektuele vlak met ons kommunikeer nie. Hy wil met ons hele wese kommunikeer — ons emosies, sintuie en ons verstand.



Ware aanbidding vind plaas wanneer ons nie bang is om uitdrukking te gee aan wat ons voel nie. Aanbidding behoort ons te bring tot waar ons eerlik kan wees. Ons moet nooit onderdruk wat ons voel as ons naby Jesus is nie. Hy sal ons nooit vermaan oor ons eerlikheid nie. Dit beteken nie dat ons reg is nie, maar as ons eerlik is, kan Hy ons help om te sien waar ons verkeerd is en om die waarheid in die gesig staar.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Worshipping God

Elke dag se oordenking gee insig hoe om God in alle aspekte van die lewe te aanbid en sal lesers inspireer om hulle harte geheel en al op hulle verhouding met Christus te fokus. Hierdie oordenking is gebaseer op R. T. Ke...

More

Baie dankie aan R. T. Kendall en "Charisma House" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/kendallkindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid