Leesplan inligting

Word BevryVoorbeeld

Breaking Free

DAG 4 VAN 5

Voordeel Twee: Om God se vrede te ervaar



Sy vrede behoort nie 'n ongereelde verrassing te wees nie, maar die deurlopende reël van ons lewens.



Vrede is moontlik in enige situasie, maar ons kan dit nie eenvoudig op aanvraag lewer nie. Inteendeel, ons kan dit glad nie lewer nie. Dit is 'n "vrug van die Gees" (Galasiërs 5:22). Ons het Christus se vrede. Dit is alreeds aan ons gegee toe ons Christus aangeneem het. Ons weet net nie altyd hoe om dit in werking te stel nie.



Die sleutel tot vrede is gesag. Wanneer ons die Prins van Vrede toelaat om ons lewens te regeer, is vrede óf onmiddelik óf uiteindelik die resultaat. Vrede vergesel gesag.



Gelowige, jy kan die vrede van Christus hê, maak nie saak wat jou omstandighede is nie; maar jy moet glo, kniel, en leer om te ontvang. Jy wil dalk nooit jou omstandighede, seerkry, of verlies vir Hom gee nie; maar jy kan kies om jouself uit geloof en gehoorsaamheid aan sy gesag te onderwerp, eerder as uit emosie. Gehoorsaamheid is 'n teken van ware oorgawe aan God se gesag in enige saak.



As Here, sal Hy nooit iets van ons vra wat nie reg, goed, of deursigtig is nie. Hy is volmaak en onbesmet. Hy is Verlosser, die Een wat ons by die slawemeester van sonde gekoop het, sodat ons oorvloedige lewe kan hê. Hy het ons gekoop om ons vry te maak.



God het sy Woord met groot sorg en noukeurigheid geïnspireer. Wanneer Hy in Jesaja 48:18 sê dat ons vrede kan hê soos 'n rivier, tref Hy nie sommer 'n vergelyking nie. Hy bedoel dit. Wat vereis dit? Om aandag te gee aan God se opdragte (deur gehoorsaamheid), deur middel van die krag van die Heilige Gees in ons. Hoekom moet ons gehoorsaam wees? Want God is nie in staat om foute met ons lewens te maak nie. Jesaja 48:17 verklaar dat Hy ons slegs leer wat vir ons beswil is. Gehoorsaamheid aan God se gesag bring nie net vrede soos 'n rivier nie, maar geregtigheid soos die branders van die see. Nie volmaakte geregtigheid nie. Aanhoudende geregtigheid.



Jy sien, God se manier is die regte manier. En die enigste vreedsame manier in 'n chaotiese wêreld. Jy kan vandag 'n lewe van regte vrede begin leef. Nou dadelik. Buig jou knieë voor sy betroubare gesag. Gee elke deel van jou lewe en elke bekommernis van jou hart aan die almagtige, genoegsame, alwetende Skepper van hemel en aarde. "En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee" (Kolossense 3:15).
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free

Word Bevry, lei jou deur 'n studie van die Skrif om die herskeppende krag van vryheid in Jesus Christus te ontdek. Temas vir hierdie studie kom uit Jesaja, 'n boek oor die gevangenskap van God se kinders, die getrouheid ...

More

Ons wil graag vir Beth Moore en Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lifeway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid