Leesplan inligting

Word BevryVoorbeeld

Breaking Free

DAG 2 VAN 5

Voordeel Twee: Om God te Verheerlik



Hoe meer ek God se heerlikheid bestudeer, hoe meer besef ek dit is bykans onverklaarbaar. God se heerlikheid is veel meer as wat ons ooit in menslike terme kan verstaan. Dit is die manier waarop Hy Homself aan ons bekend maak of sy mag wys. God se heerlikheid is hoe Hy wys wie Hy is.



Die Griekse woord vir heerlikheid in hierdie Nuwe Testamentiese verwysings (doxa), is "die ware begrip van God of dinge. Die heerlikheid van God moet na sy onveranderlike wese verwys. Om God te verheelik is om Hom sy volle erkenning te gee ... Die heerlikheid van God is wat Hy in der waarheid is." Doxa kom van 'n wonderlike woord, dokeo, wat beteken "om te dink of aan te neem." God se heerlikheid is hoe Hy Homself aan ons bekendmaak.



God wil Homself herken in alles wat ons doen! 'n Lewe wat God verheerlik, is 'n lewe wat God openbaar. As jy soos ek is, is jy waarskynlik oorweldig deur die groot verantwoordelikheid van so 'n roeping. Ons is nie volmaakte wesens nie! Hoe kan ons ander help om iets van God te sien as hulle ons ken en ons lewens dophou?



Paulus het die geheim aangekondig, dat Christus self in elke gelowige woon. Romeine 8:9 sê die volgende: "As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie." Die oomblik wanneer ons Christus as ons Redder aanneem, kom woon die Heilige Gees in ons.



Sien jy die sleutel raak? Daar is geen manier waarop ons God in ons lewens aan ander kan openbaar, as die Gees van Christus nie in ons woon nie. As die Heilige Gees nie in ons woon nie, het ons niks van God in ons om Hom aan ander te wys nie.



Ons verheerlik God tot die mate wat ons die teenwoordigheid van die lewende Christus openbaar maak. 'n Lewe wat God verheerlik, is nie iets wat oornag gebeur nie. Mense wat die realiteit van die vryheid in Christus uitleef (Galasiërs 5:1 en 2 Kor. 3:17), verheerlik God meer en meer. Soos wat hulle na geestelike volwassenheid groei, word die Gees van Christus al hoe meer herkenbaar in hulle lewens. Wanneer Christus nie herkenbaar is in 'n vrygemaakte lewe nie, moet ons daardie terrein identifiseer en God toelaat om daardie gevangenskap te behandel. God maak ons bewus van hindernisse, sodat Hy ons kan vrymaak!



Dit is uiters belangrik dat jy leer om op 'n persoonlike manier met God te praat oor die bevrydingsproses. Deel vandag jou opregte reaksie op vandag se oordenking met Hom.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free

Word Bevry, lei jou deur 'n studie van die Skrif om die herskeppende krag van vryheid in Jesus Christus te ontdek. Temas vir hierdie studie kom uit Jesaja, 'n boek oor die gevangenskap van God se kinders, die getrouheid ...

More

Ons wil graag vir Beth Moore en Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lifeway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid