Leesplan inligting

Word BevryVoorbeeld

Breaking Free

DAG 5 VAN 5

Voordeel Vyf: Om God se teenwoordigheid te geniet



God het ons verskeie kere verseker dat Hy altyd by ons is.



God se teenwoordigheid verander geensins nie, maar die bewys van sy teenwoordig wel. Party kere mag God doelbewus die bewys van sy teenwoordigheid verander, sodat ons die beste voordeel uit die ervaring kan trek. Soms trek ons die beste voordeel daaruit as ons sy "handewerk" in ons moeilike tye raaksien. Ander kere trek ons voordeel daaruit om minder bewyse te sien. God het ons nie minder lief as Hy ons minder bewyse gee nie. Hy verlang net dat ons sal groei en Hy leer ons om in geloof eerder as sig te lewe.



Christus se teenwoordigheid is die basis vir moed in ons storms. Hy het nie gesê: "Hou moed! Ek sal die storm stilmaak. Moenie bang wees nie." Nee, Hy praat eerder terwyl die storm nog woed: "Hou moed! Dis Ek. Moenie bang wees nie."



Christus laat nie altyd dadelik die storm bedaar nie, maar Hy is altyd gewillig om sy kind met sy teenwoordigheid te kalmeer. Ons sal heel moontlik nooit leer om ons storms te geniet nie, maar ons kan leer om God se teenwoordigheid in die storm te geniet!



Die Skrif verklaar dat God nooit sy kinders verlaat nie. Hy is altyd daar. Dit kom daarop neer dat ons besluit om God te glo of nie. Hy het belowe dat Hy altyd met ons is. Wanneer ons kies om sy teenwoordigheid as 'n feit te aanvaar, kan ons genot ervaar.



Intimiteit met God groei deur elke stukkie van ons ervaring te deel. Ek wil hê dat God die grootste werklikheid in my lewe moet wees. Ek wil hê dat jy meer versekerd moet wees van sy teenwoordigheid as enigiets anders wat jy kan sien of aanraak. Ja, dit kan jou werklikheid wees, want dis jou reg as 'n kind van God. Ons is bestem vir so 'n soort verhouding met God, maar die vyand probeer ons oortuig dat die Christen se lewe ten beste selfopofferend en op die slegste kunsmatig.



Wy jouself ten volle aan God, sodat Hy jou kan vrymaak om enigiets te wees wat Hy vir jou beplan. Ons moenie intimidasie en vrees toelaat om ons enigsins te beperk nie. Onthou dat die Satan geen mag in jou lewe het nie. "Hy wat in julle is, is groter as die duiwel, wat in die wêreld is." (1 Johannes 4:4).



Luister aandagtig. Die vryheidsklok lui.
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free

Word Bevry, lei jou deur 'n studie van die Skrif om die herskeppende krag van vryheid in Jesus Christus te ontdek. Temas vir hierdie studie kom uit Jesaja, 'n boek oor die gevangenskap van God se kinders, die getrouheid ...

More

Ons wil graag vir Beth Moore en Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lifeway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid