Leesplan inligting

Word BevryVoorbeeld

Breaking Free

DAG 3 VAN 5

Voordeel Drie: Om bevrediging in God te vind



Die woord, siel, word op verskeie maniere in die Bybel gebruik. Een manier is om na die nie-materiële deel van 'n mens te verwys. Wanneer ek praat van sielshonger, bedoel ek ons behoefte aan geestelike bevrediging. Min mense voel gemaklik met hierdie onderwerp, maar dis tyd om toe te laat dat die waarheid die kettings van ons verskuilde ontevredenheid breek.



Wat dink jy beteken dit om deur iets bevredig te word? Word jou siel, jou gees, jou innerlike self, die regte jy, volkome deur Christus bevredig?



In Jeremia 31:25 word die Hebreeuse woord "male" vir bevredig gebruik, wat beteken "om te vul, te bereik, iets wat leeg was vol te maak ... die daad van aanvulling, asook die ervaring van versadiging." Die woord vir vermoeid is "da'ab", wat beteken om "te peins" (Strong’s). Ons kan maklik vasgevang word in 'n soeke na ander antwoorde vir behoeftes en begeertes wat net God kan vervul. 'n Noodsaaklike deel van bevryding in Christus, beteken om Hom toe te laat om ons leë terreine te vul.



Hierdie volheid wat net Christus kan gee, is nie outomaties deel van ons verlossing nie. Ek was al in my vroeë dertigs toe ek eers die verskil verstaan het tussen verlossing van sonde en bevrediging van die siel. Verlossing verseker ons ewige lewe. Sielsbevrediging verseker 'n oorvloedige lewe hier op aarde. God leer ons geestelike waarhede, sy aan sy met fisiese realiteite.



Wanneer jy honger is, soek jy na iets wat daardie behoefte sal bevredig. As jy jou fisieke behoeftes lank genoeg ignoreer, sal jy nie net sleg voel nie, maar jy kan kort voor lank siek word. Jy kan maklik die seine wat jou liggaam stuur herken, maar dit verg groot wysheid om die gees se seine te herken.



Die duidelikste simptoom van 'n siel wat God se bevrediging nodig het, is 'n gevoel van innerlike leegheid. 'n Bewustheid van 'n "leë gevoel" êrens diep binne jou. Die konstante onvermoë om tevrede te wees.



Ons kan met sekerheid aanvaar dat ons siel honger en dors sal wees vir God, as ons vir 'n lang tyd nie blootgestel was aan geestelike kos en drank nie. Keer terug na die Brood van die Lewe en die Lewende Water! "Proe en sien dat die Here goed is" (Psalm 34:8).



God kan jou sielsverlange bevredig. Om jou diep innerlike wese deur middel van Jesus te bevredig, is 'n voordeel van die wonderlike verbondsverhouding wat jy met God het, deur Christus.



Maak die deur oop, geliefde! Hy wag om jou honger siel te bevredig.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Breaking Free

Word Bevry, lei jou deur 'n studie van die Skrif om die herskeppende krag van vryheid in Jesus Christus te ontdek. Temas vir hierdie studie kom uit Jesaja, 'n boek oor die gevangenskap van God se kinders, die getrouheid ...

More

Ons wil graag vir Beth Moore en Lifeway Christian Resources bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lifeway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid