Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... InsigVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Insig

DAG 4 VAN 5

Malvalekkers

Psalm 139:13: “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder.”

Dit sal goed wees as jy die hele Psalm 139 lees. Elke mens is uniek geskape! Ek dink soms aan mense as malvalekkers — ja, sowaar! Dit is interessant om mense dop te hou. Party lyk sag en ander weer verhard, verby die vervaldatum. Sommige lyk taai en ander asof hulle pas in die fabriek met ‘n soet poeiertjie gestrooi is.

Die wat taai is, soek iets om mee te bind, die harder malvas wil dalk ontbind en die sagtes bons rustig voort. Die poeier-malvas verleen varsheid aan die oog.

Geensins is die bedoeling om God se handewerk met lekkers te vergelyk nie, maar bloot om die smaak, tekstuur en geur wat ons dra, visueel te probeer weergee. Nie een persoon op hierdie aarde is dieselfde nie. God het ons nie in ‘n vorm van eendersheid gegiet nie, inteendeel, Hy het ons bederf deur elkeen verskillende gawes en talente te gee. Die verskeidenheid is legio, elkeen speel ‘n rol in God se prentjie en selfs die harde of taai malvas het iets om te bied. Daar is altyd ‘n verhaal agter elke gesig en dikwels wysheid daarmee saam.

Here, as ek Psalm 139 lees, is dit verstommend hoe deeglik U aan my gewerk het. As ek verhard of taai geword het, sprinkel U die soet poeier van die Gees oor my. Leer my om met u oë na mense te kyk en ook met hulle die soetigheid van u grootheid te deel.

Dagboek om hierdie Psalm ten minste eenmaal per maand te lees as herinnering hoe God oor jou dink.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Insig

Wat is insig? "Dis 'n toestand van duidelik insien en in diepte verstaan; begrip toon." Dit is eintlik 'n werkwoord as jy mooi daaroor dink. Jy moet iets doén. Ons lees maklik bo-oor woorde, verse, hoofstukke in die Bybe...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid