Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... InsigVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Insig

DAG 2 VAN 5

As eensaamheid druk

Hebreers 13:5: “... God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.'”

Nooit is ‘n baie lang tyd. Oneindig. Dit is abstrak vir ons menslike begrip. As mens eensaam voel, wil jy iemand tasbaar naby jou hê. Jy wil gesels en ‘n stem terug hoor, ‘n oor wat jóú hoor en oë wat jou sien. Hiérdie teks is nie spesifiek geskryf vir eensames nie, maar die woorde bly tog van toepassing, omdat God in enige situasie alomteenwoordig is.

Baie van ons het al eensaamheid ervaar. Mens kan selfs eensaam voel binne ‘n vertrek vol mense! Ons gemoedere kan heen en weer met ons balskop, maar dit bly ons keuse om verder as dit te dink, selfs al is dit moeilik. Maar hoe?

‘n Paar brokkies uitdagings aan myself was al gewees: om opsetlik vir iemand in ‘n winkelsentrum te glimlag, om handjie by te sit vir die ouer tannie wat baie pakkies moet dra, om selfs aan die kassiere by die winkel ‘n kompliment te gee. Voor jy weet, voel jy minder eensaam — jy voel mededeelsaam. En dít deur klein gebare te doen, gratis en verniet!

En dan bly die Waarheid staan: God is by jou, jy sal dit selfs méér ervaar deur van die bogenoemde toe te pas. Dit is liefdesdade wat deur jou ook ander mense se dag ophelder.

Heilige Gees, help my om my eie eensaamheid in mededeelsaamheid om te keer. Om te dien en na ander te saai, dít wat ek benodig en sodoende U dieper te beleef.

Lees gerus Psalm 91 wat getuig van beloftes uit die hart van God vir jou!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Insig

Wat is insig? "Dis 'n toestand van duidelik insien en in diepte verstaan; begrip toon." Dit is eintlik 'n werkwoord as jy mooi daaroor dink. Jy moet iets doén. Ons lees maklik bo-oor woorde, verse, hoofstukke in die Bybe...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid