Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... InsigVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Insig

DAG 1 VAN 5

Deurbrake

Matteus 24:13: “Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word.”

Joyce Meyer het al gesê: “Daar is nie iets in die lewe soos om deur te glip nie, jy moet iets deurgaan om 'n deurbraak te kry.” Wat ‘n kragtige stelling! Niemand kan ‘n verhaal van oorwinning vertel as hul nie déúr uitdagings gewerk het nie.

Ons kan maklik intens bedruk raak oor omstandighede, spanning, hartseer, onbeantwoorde vrae en soveel ander dinge wat ons gemoedere grys inkleur. Soms wens ek dat “iets” tasbaar sal gebeur, wat ons met die oog kan sien dat dit onmoontlik is om sonder God te leef. Ons ís verlore sonder sy leiding en asem en tog debatteer die mensdom oor wát werklik waar is, hoe lank gelede se feite (of fiksie) bymekaar gebondel is en wie se mening op hoër vlakke in die samelewing die belangrikste is?

Om ‘n verhaal met 'n goeie einde te vertel, vereis (ongelukkig) om prakties daardeur te leef. God is ‘n God van aksie. In Jesaja 43:13 lees ons dat Hy sal werk en wie sal Hom keer? Geloof kom tot volle werking wanneer jy ‘n oomblik neem en erken dat jy feilbaar is, jy is méns. Die Heilige Gees is juis daar om ons te hoor, te ondersteun en om ons Trooster te wees, te midde van wat ook al ongevraagd in jou lewensruimte kom lê. Hy sal werk — wie sal keer?

Tydens ons swakheid kan ons staande bly ... op ons knieë. Volharding smaak soet. ‘n Truspieëltjie is vir ‘n rede klein.

Here, u hand is die enigste wat my kan vang en kan wys watter tree volgende nodig is. Ek bid dat u Gees in my ore sal kom fluister wat U wil hê ek moet hoor.

Mag die deurbrake waarop jy hoop, wyd oop lê in jou lewens-motor se voorruit! Lys daardie dinge letterlik op papier, bid daaroor en laat dit eenkant.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Insig

Wat is insig? "Dis 'n toestand van duidelik insien en in diepte verstaan; begrip toon." Dit is eintlik 'n werkwoord as jy mooi daaroor dink. Jy moet iets doén. Ons lees maklik bo-oor woorde, verse, hoofstukke in die Bybe...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid