Leesplan inligting

Dis Tyd Vir... InsigVoorbeeld

Dis Tyd Vir... Insig

DAG 3 VAN 5

Oefen jou hoopspier

Jesaja 33:2: “Wees ons genadig Here, ons vestig ons hoop op U. Wees elke nuwe dag ons krag, ons redding in tyd van nood.”

Het jy geweet? Ons almal het ‘n hoopspier. Hiérdie spier is regoor jou denke gespan. Soms is hy lui, veral as die lewe jou ‘n skuinsklap gegee het. Die Tafelberg Woordeboek beskryf "hoop" as: verwagting of om duimvas te hou.

Nie te lank gelede nie het ek besef hiérdie unieke spier moet meer oefening kry. Dit kan ek doen deur te monitor waarna ek luister, kyk, lees en my tyd op sosiale media verminder. Selfs gesprekke waarin mens maklik betrokke raak kan jou hoopspier ‘n spasma gee! Dit is wel so dat ons nie in ‘n Disneyrolprent woon nie, máár om bewustelik op te let na die hoop waarna ons teksvers verwys. Het jy geweet dat hiérdie kort woordjie honderde kere in die Bybel voorkom? “Hoop” is ‘n superster!

Hoop het ook ‘n ander naam, ‘n veel kragtiger naam ... Jesus.

Jesus, U is my hoop en verwagting wat alles in my lewe betref. U ken elke gedagte wat deur my kop gaan. Ek wil op my pad vorentoe u Naam uitlééf en uitstraal.

Bederf jouself deur in jou Bybel na die woord "hoop" te soek. Dit is ‘n heerlike avontuur wat jou hoopspier sal laat bult!

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir... Insig

Wat is insig? "Dis 'n toestand van duidelik insien en in diepte verstaan; begrip toon." Dit is eintlik 'n werkwoord as jy mooi daaroor dink. Jy moet iets doén. Ons lees maklik bo-oor woorde, verse, hoofstukke in die Bybe...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid