Die Sous: Soek EersteVoorbeeld

The Sauce: Seek First

DAG 19 VAN 21

Eensgesindheid & Krag (Familie, Gemeenskap, Liggaam van Christus)

Saam is ons sterker! Ons het dalk situasies in ons lewens ervaar wat onmoontlik gelyk het om op ons eie te oorkom, maar ons het krag en aanmoediging met die hulp van ander ontvang om sukses te behaal. Vandag bid ons doelbewus vir eensgesindheid in die kerk en in die wêreld. God het jou met 'n doel geskep en as ons ons identiteite en vertroue in Christus aangryp, kan ons die goud in ander na vore bring. Die Bybel is duidelik dat waar eensgesindheid is, sal daar ook die beloofde seën wees. Ons is meer effektief en kragtig as ons eendragtig saamwerk. Alhoewel ons perspektiewe en agtergronde verskil, kan ons van mekaar leer en groei om krag, aanspreeklikheid, liefde en moed te vind om die wedloop wat voorlê te hardloop. Ons bid vir eensgesindheid binne die liggaam van Christus en ook in die wêreld sodat ons mekaar kan aanmoedig om die dinge van God na te streef omdat ons saamhoort.

Toepassing / Nadenke:

  • Hoe roep God jou om eensgesindheid in die kerk en jou verhoudings na te streef?
  • Van watter voorkeure kan jy afstand doen in jou strewe na eensgesindheid?
  • Wat het jy nodig van die mense om jou om saam sterker te wees?

Gebed:

Vader, ek dank U vir eensgesindheid in my lewe. Ek bid teen enige verdeeldheid binne my verhoudings en in die liggaam van Christus. Ek het berou oor tye toe ek daaraan skuldig was om verdeeldheid te skep onder my familie, vriende en die gemeenskap waartoe U my geroep het. Vandag besluit ek dat ek teen verdeeldheid sal veg. Ek sal eensgesindheid nastreef in alles wat ek doen. In die Naam van Jesus. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

The Sauce: Seek First

Oor die volgende 21 dae sal ons God eerste soek. Deur die begin van ons jaar te wy aan 'n tyd van gebed en vas, sal ons God se wil vir ons lewens soek. Oor die loop van die volgende 21 dae sal gebed jou "sous" word en jy sal ware herskepping ervaar terwyl jy die koninkryk van God opsoek.

More

Ons wil Transformation Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://transformchurch.us