Die Sous: Soek EersteVoorbeeld

The Sauce: Seek First

DAG 16 VAN 21

Wonderwerke, Tekens en Wonders

Om geloof in alle dinge te hê, sluit ook in om in wonders te glo! Almal het moontlik al dinge in ons lewens ervaar wat onverklaarbaar voorgekom het. Tydens Jesus se bediening het Hy onverklaarbare tekens en wonders gedoen om sy liefde en deernis vir mense te wys; en het siekes genees, dooies opgewek en op water geloop. Hierdie wonderwerke was 'n getuienis aan diegene wat Jesus se krag en gesag as die Seun van God aanskou het. Die Bybel is duidelik dat die krag van die Heilige Gees binne diegene woon wat in Jesus glo en Hom ken! Jesus het ons as sy volgelinge opdrag gegee om sy liefde en deernis in die wêreld uit te dra; en om die krag van Christus deur wonderwerke en tekens te aanskou. Ons glo dat God die onmoontlike kan doen en die Een is wat onverklaarbare dinge doen. Terwyl ons bid dat God dinge in die wêreld in beweging sal bring wat dalk as onmoontlik geag kan word, vra ons vir God om ons oë oop te maak om te sien hoe sy krag aan die werk is. Daar is krag in gemeenskaplike gebed en geloof! Soos ons wonderwerke sien plaasvind, sal ons die Naam van Jesus verheerlik as die outeur van alle dinge. Ons sluit vir alle dinge in geloof aan en verwag dat Hy deur onverklaarbare dade, tekens en wonders in ons lewens sal verskyn.

Toepassing / Nadenke:

  • Hoe kan jy jou geloof in God vermeerder sodat Hy wonderbaarlik in jou lewe kan verskyn?
  • Hoe het jy al voorheen God se onverklaarbare werk gesien?
  • Vir wie kan jy bid wat 'n wonderwerk of teken van God nodig het?

Gebed:

Here, ek dank U vir u heerlikheid en u goedheid. Ek dank U vir u liefdevolle deernis! Dankie dat U 'n hart het om te genees, 'n hart vir herstel en 'n hart om ten volle te lewe. Ek bid dat U vandag my bewustheid van U sal verhoog. Ek bely die kere wat ek probeer het om eer aan myself toe te eien of self verantwoordelikheid te eis vir wat U in my lewe doen. Ek het berou oor my trots. Ek bid dat U met tekens en wonderwerke my geloof sterker sal maak. Praat vandag met my! Vernuwe my hart, herstel my dryfvere en verander my tot u eer. In die Naam van Jesus. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

The Sauce: Seek First

Oor die volgende 21 dae sal ons God eerste soek. Deur die begin van ons jaar te wy aan 'n tyd van gebed en vas, sal ons God se wil vir ons lewens soek. Oor die loop van die volgende 21 dae sal gebed jou "sous" word en jy sal ware herskepping ervaar terwyl jy die koninkryk van God opsoek.

More

Ons wil Transformation Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://transformchurch.us