God se Geliefde Gemeenskap: 'n 5-dag Leesplan vir KindersVoorbeeld

God's Beloved Community: A 5-Day Reading Plan for Kids

DAG 4 VAN 5

Dag Vier: Almal Maak Saak

“Christus is ons vrede ...” — (Efesiërs 2:14a).

Eerder as om lief te wees vir diegene wat anders is

en almal met sorg en genade te behandel,

behandel ons sommige mense beter as ander

bloot as gevolg van hulle ras.

Oordenking

Soms, in plaas daarvan om al die maniere te geniet waarop ons anders is, baklei ons met mekaar. Ons voel dalk selfs bang vir mense wat anders as ons lyk of op ander maniere as ons leef. Dit is veral waar wanneer dit by ons velkleur kom. Soms besef ons nie eens hoe bang ons vir iemand voel wat 'n ander velkleur as ons het nie. God se droom van 'n geliefde gemeenskap is GROTER as ons vrees en bakleiery! Jesus help ons om kleurdapper te wees sodat ons mense wat anders as ons is, kan leer ken en hulle ons ook leer ken.

Gebed

Liewe Vader,

Ek hou nie daarvan as mense onvriendelik met my is nie. Ek wil ook nie onvriendelik teenoor ander wees nie. Help my om maniere te soek hoe ek kan help om u geliefde gemeenskap te bou. Ek wil deel wees van u kleurvolle droom!

Amen.

Aktiwiteit

Wat kan jy hierdie week doen om iemand te leer ken wat anders as jy is? Miskien sien jy 'n kind by die skool wat tydens pouse geïgnoreer word. Nooi hom of haar om te speel! Miskien het iemand in jou omgewing of by die speelgrond 'n ander kleur vel as jy. Glimlag en sê hallo! Om teenoor ander vriendelik te wees, is 'n manier om te wys dat almal vir God saak maak.

Aangaande hierdie leesplan

God's Beloved Community: A 5-Day Reading Plan for Kids

In hierdie 5-dag leesplan sal kinders betrokke raak by oordenkings, gebede, aktiwiteite en uittreksels uit “God's Beloved Community” deur Michelle T. Sanchez, wat hulle beter insigte sal gee. Jong lesers sal van die lewendige, uiteenlopende skepping leer — en hoekom Hy dit goed genoem het! Van flaminke en kraaie tot verskietende sterre en reënboë — tot by al ons verskillende skakerings hare, oë en vel – hierdie leesplan poog om kinders te help om die liefde van God te voel en te verstaan.

More

Ons wil WaterBrook Multnomah bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/673882/gods-beloved-community-by-michelle-sanchez-illustrated-by-camila-carrossine