God se Geliefde Gemeenskap: 'n 5-dag Leesplan vir KindersVoorbeeld

Dag Twee: Reg van die Begin af
“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God” — (Johannes 1:1).
Voor die begin was God drie-in-een,
Hy het nie heeltemal eensaam in die ruimte rondgeswerf nie.
God was Vader, Seun en Heilige Gees,
'n geliefde gemeenskap reeds in plek.
Oordenking
Het jy geweet dat 'n geliefde gemeenskap bestaan het nog voor die wêreld begin het? Die Bybel sê vir ons dat God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees van die begin af die volmaakte, mees geliefde gemeenskap gevorm het. Nou wil God hê ons moet by daardie gemeenskap aansluit, sodat dit nog wonderliker kan wees! Wanneer ons 'n drukkie wil hê of dit geniet om 'n speletjie saam met 'n vriend te speel of lekker saam met 'n ander persoon te lag, weerspieël ons wie God ons geskep het om te wees. God het ons geskep vir 'n verhouding met mekaar, omdat Hy ons as sy beeld geskape het; Hy het ons geskep om sy geliefde gemeenskap te weerspieël. Selfs wanneer ons met iemand baklei (gebeur dit ooit met jou?), kan ons onthou dat die liefde van God groter is as ons gevegte. Hoe meer ons mekaar liefhet, hoe meer wys ons vir die wêreld hoe God is.
Gebed
Liewe Vader,
Sjoe! U was 'n geliefde gemeenskap voor die aarde of mense of diere selfs bestaan het! Dankie dat U ons so liefhet dat U wil hê ons moet verhoudings net soveel geniet soos U. Dankie dat U my geskep het om ander lief te hê!
Amen.
Aktiwiteit
Plak drie roomys-stokkies of drie stroke papier (jy sal dalk 'n grootmens se hulp vir hierdie aktiwiteit nodig hê), saam in die vorm van 'n driehoek. Skryf Vader op een, Jesus op 'n ander en Heilige Gees op die derde — of teken prentjies van hoe jy jou voorstel dat God die Vader, Jesus en die Heilige Gees mekaar liefhet. Bind ’n tou of gare aan jou handwerk vas en hang dit op waar jy dit elke dag kan sien. Onthou dat dit van die begin af God se idee was om mekaar lief te hê!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In hierdie 5-dag leesplan sal kinders betrokke raak by oordenkings, gebede, aktiwiteite en uittreksels uit “God's Beloved Community” deur Michelle T. Sanchez, wat hulle beter insigte sal gee. Jong lesers sal van die lewendige, uiteenlopende skepping leer — en hoekom Hy dit goed genoem het! Van flaminke en kraaie tot verskietende sterre en reënboë — tot by al ons verskillende skakerings hare, oë en vel – hierdie leesplan poog om kinders te help om die liefde van God te voel en te verstaan.
More