God se Geliefde Gemeenskap: 'n 5-dag Leesplan vir KindersVoorbeeld

God's Beloved Community: A 5-Day Reading Plan for Kids

DAG 3 VAN 5

Dag Drie: God se Kleurvolle Skepping

“Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend” — (Psalm 19:2).

God het 'n skepping vol vreugde voortgebring

uiteenlopend in elke opsig ...

Oordenking

God het geweet die wêreld sal regtig vervelig wees as alles wat Hy skep dieselfde lyk en klink en ruik. Dus het Hy het BAIE verskillende kleure, vorms, klanke en reuke gemaak om te geniet. Hy het ook BAIE verskillende mense gemaak! Het jy geweet dat jy ook God se kreatiwiteit uitbeeld? Jy het dalk dieselfde haarkleur as jou beste vriend, maar het julle dieselfde gunsteling kleur? Dieselfde manier van loop of praat? Hou julle altyd daarvan om dieselfde speletjies te speel of dieselfde boeke te lees? Niemand in die wêreld is net soos jy nie. Dit is lekker om die maniere te vier waarop God ons anders gemaak het!

Gebed

Liewe Vader,

Dankie dat U so 'n kleurvolle en uiteenlopende wêreld geskep het. U is wonderlik! Dankie dat U my uniek geskep het.

Amen.

Aktiwiteit

Kry ou tydskrifte of koerante (of vra vir hulp om prente van die rekenaar af te druk!). Knip prente van God se skepping uit wat baie verskillende kleure wys — soos reënboë, flaminke, sonsondergange, groen velde en rooi rose! Plak hulle op 'n papier om 'n skeppings-collage te maak. Hoekom dink jy het God die wêreld so kleurvol gemaak?

Aangaande hierdie leesplan

God's Beloved Community: A 5-Day Reading Plan for Kids

In hierdie 5-dag leesplan sal kinders betrokke raak by oordenkings, gebede, aktiwiteite en uittreksels uit “God's Beloved Community” deur Michelle T. Sanchez, wat hulle beter insigte sal gee. Jong lesers sal van die lewendige, uiteenlopende skepping leer — en hoekom Hy dit goed genoem het! Van flaminke en kraaie tot verskietende sterre en reënboë — tot by al ons verskillende skakerings hare, oë en vel – hierdie leesplan poog om kinders te help om die liefde van God te voel en te verstaan.

More

Ons wil WaterBrook Multnomah bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/673882/gods-beloved-community-by-michelle-sanchez-illustrated-by-camila-carrossine