God se Geliefde Gemeenskap: 'n 5-dag Leesplan vir KindersVoorbeeld

Dag Een: Vry om Lief te Hê
“Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees” — (Johannes 8:36).
Jesus kan ons almal vrymaak
om nie kleurblind te wees nie, maar kleurdapper,
'n geliefde gemeenskap.
Oordenking
Een van die grootste gawes wat God ons gee, is gemeenskap. 'n Gemeenskap is 'n groep mense wat vir mekaar omgee. In 'n geliefde gemeenskap, weet ons met ons hele hart dat God ons liefhet, al verskil ons baie van mekaar — ons is vry om ander op dieselfde manier lief te hê! Dit is God se grootste droom vir ons. Hoe goed is God om te wil hê dat ons moet liefhê soos Hy liefhet!
Gebed
Liewe Vader,
Dankie dat U ons vrygemaak het sodat ons in 'n kleurvolle gemeenskap van liefde kan wees. Help my om DAPPER te wees om liefde aan ander te betoon, want ek wil saam met U 'n geliefde gemeenskap skep!
Amen.
Aktiwiteit
Teken 'n prentjie van hoe jy voel wanneer iemand vir jou sê: “Ek is lief vir jou” en jy dan geliefd voel, tot by die punte van jou tone! Glimlag jy? Lag jy? Wil jy iemand omhels of hardloop of spring of sing? Hoe kan jy iemand anders help om te besef dat hulle vandag geliefd is?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In hierdie 5-dag leesplan sal kinders betrokke raak by oordenkings, gebede, aktiwiteite en uittreksels uit “God's Beloved Community” deur Michelle T. Sanchez, wat hulle beter insigte sal gee. Jong lesers sal van die lewendige, uiteenlopende skepping leer — en hoekom Hy dit goed genoem het! Van flaminke en kraaie tot verskietende sterre en reënboë — tot by al ons verskillende skakerings hare, oë en vel – hierdie leesplan poog om kinders te help om die liefde van God te voel en te verstaan.
More