Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 75 VAN 88

WEEK 5: VREES GOD

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees en besin oor Psalm 19:9, Psalm 111:10, Spreuke 1:7, Spreuke 14:26-27, Spreuke 15:16. Wat leer jy wat dit beteken om God te vrees?

OORDINK
Vra jouself af of jy volgens die waarheid leef? Wandel ek volgens die waarheid? Is God of emosie die waarheid? Gaan ek op my eie gevoelens vertrou, op my eie insig staatmaak of gaan ek my vertroue in God en sy Woord plaas? "... kies dan vandag wie julle wil dien ..." (Josua 24:15). Bid dan as volg: "... Ons Vader wat in die hemel is, laat u naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op aarde geskied, net soos in die hemel" (Matteus 6:9-10).

Vra die Here om vir jou 'n dieper begrip die volgende paar weke te gee. Wat wil Hy hê moet jy doen met dit wat jy geleer het? Wat moet verander in die manier waarop jy dink, optree, reageer en jou weeklikse program beplan? Is daar 'n Skrifgedeelte waaraan Hy wil hê jy groot waarde moet heg? Hoe kan jy dit prakties doen? Bring dit alles in gebed voor die Here.

RIG JOU HART
Sê Galasiërs 2:29, 20 hardop uit jou kop uit op.

Galasiërs 2:19, 20
"... ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org