Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 56 VAN 88

WEEK 5: VREES GOD

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Josua 1. Wat is God se bevele aan Josua? Josua is 'n beeld van Christus. Ons is in Christus. Hoe moet ons voortgaan?

WANDEL IN WAARHEID
Bepeins wat dit beteken om deur God gekies te wees vir 'n doel ver bo jou eie. Sien jy jouself as een van sy uitverkorenes? Dink jy aan die feit dat Hy jou gekies het om sy ambassadeur te wees voordat die aarde geskep is? Sy priester? Oorweeg wat dit beteken om te leef volgens wat jy besit of aan jou gegee is. Met die besef dat God 'n roeping vir jou lewe het, hoe kan jy sonder vrees voortgaan? Wie is jou groot erfdeel volgens Galasiërs 2:19-20?

RIG JOU HART
Herhaal vandag se kernverse in jou gedagtes. Bewaar dit in jou hart, besin daaroor en maak dit regdeur die dag deel van jou gebed.

Galasiërs 2:19-20
"... ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org