Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 55 VAN 88

WEEK 4: KLIM DIE BERG OP

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Nehemia 1:4-11 en Nehemia 9:5-38.

Terwyl jy bid, sou jy Nehemia se gebed vir jouself, jou gesin, jou kerk, jou stad en al die gelowiges in jou nasie bid? Watter gedagtes kom by jou op terwyl jy bid?

WANDEL IN WAARHEID
Rus en besin. Vra jouself af of jy volgens die waarheid leef? Wandel ek volgens die waarheid? Heers God of emosie as die waarheid? Gaan ek op my eie gevoelens vertrou, op my eie insig staatmaak of gaan ek my vertroue in God en sy Woord plaas? "... kies dan vandag wie julle wil dien ..." (Josua 24:15).

Neem 'n oomblik om na te dink oor wat jy die afgelope paar weke geleer en waaroor jy besin het? Hoe sal jy met 'n heilige vrees vir die Here leef? Waarom is dit so 'n seën om jou eie swakheid te ken? Wat beteken dit om in waarheid te wandel en om die berg op te klim? Hoe kan al hierdie dinge jou help om in geloof te leef wanneer jy vrees in die gesig staar? Vra die Here om vir jou ‘n dieper begrip die volgende paar weke te gee. Wat wil Hy hê moet jy doen met dit wat jy geleer het? Wat moet verander in die manier waarop jy dink, optree, reageer en jou weeklikse program beplan? Is daar 'n Skrifgedeelte waaraan Hy wil hê jy groot waarde moet heg? Hoe kan jy dit prakties doen? Bring dit alles in gebed voor die Here.

RIG JOU HART
Sê Deuteronomium 6:4-6 uit jou kop uit op.

Deuteronomium 6: 4-6
"Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkellopende dames en studente. 'n Leesplan van Thistlebend Bedieninge.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org