Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 31 VAN 88

WEEK 5: VREES GOD



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Josua 1. Wat is God se gebooie aan Josua? Josua is 'n beeld van Christus. Ons is in Christus. Hoe moet ons voortgaan?



WANDEL IN WAARHEID

Oorweeg wat dit beteken om deur God gekies te wees vir 'n doel ver bo jou eie. Sien jy jouself as een van Sy uitverkorenes? Dink jy aan die feit dat Hy jou gekies het om Sy ambassadeur te wees voordat die aarde gevorm was? Sy priester? Oorweeg wat dit beteken om wat aan jou gegee is, te besit, of daarvolgens te leef. Terwyl jy weet dat God 'n roeping op jou lewe gele het, hoe kan jy sonder vrees voortgaan? Wie is jou groot erfdeel, volgens Galasiers 2:20?



FOKUS DIE OË VAN JOU HART

Herhaal sag vandag se fokusverse vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.



Galasiers 2:20

Ek is met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Chirstus lewe in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur geloof in die Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my gegee het.


Dag 30Dag 32

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid