Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 36 VAN 88

WEEK 5: VREES GOD



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees en oordink Jesaja 40:9-10; Jesaja 41:13-14; Jesaja 43:1, 5; Jesaja 44:2, 8; Jesaja 51:7; Jesaja 54:4.



OORDINK

Die lewe is nie maklik nie, maar hierdie lewe is nie waaroor dit gaan nie. Ons moet hierdie lewe leef met die lewe waarvoor ons uiteindelik geskep is! Ons sal vir ewig lewe. Ons verdien God se wraak en die dood. Ons verdien verbanning en veroordeling. Ons verdien die hel en marteling. Maar wat het God aan ons gegee in Christus? Watter genade en barmhartigheid is uitgestort? Dus, watter lewe wil ons leef? Een waarin alles oor die self gaan, wat sy dink, wat sy wil he, en wat sy begeer? Of een waarin alles oor God gaan, wat Hy dink, wat Hy wil he, en wat Hy begeer? Sy wee is nie ons wee nie, en ons moet ons eie wee heeltemal verwerp om Sy wee te kan lewe. Net Hy kan dit in ons harte bereik. Sal jy Hom vra om dit te doen? Sal jy Hom vra om Sy koninkryk in jou hart te laat heers, in jou gedagtes, en in jou lewe? Sal jy leef vir Sy koninkryk, sal jy Sy koninkryk verkondig, sal jy gewillig wees om te sterf vir Sy koninkryk?



FOKUS DIE OE VAN JOU HART

Oordink Galasiers 2:20 biddend en probeer dit dan uit jou kop opse.



Galasiers 2:20

Ek is met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Chirstus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur geloof in die Seun van God, wat my liefgehad het en Homself vir my gegee het.


Dag 35Dag 37

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid