Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 1 VAN 88

INLEIDING

Berei jou hart voor vir 'n ses weke-reis na vreesloosheid!Jesus het gesê, “Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek” (Markus 6:50). Hierdie is nie net ‘n godsdiensoefening uit die Bybel nie, maar getoetste en beproefde maniere om in die waarheid te lewe!



Ons reis sal insluit:

DAE 1-2: Inleiding

DAE 3-4: Vreesbevange na Vreesloos



1. Hierdie gedeelte is verdeel in weeklikse (sewe dae elk) hoofstukke, met elke week 'n spesifieke tema wat elke dag die hoofopskrif sal wees. Elke sesde en sewende dag sal ‘n tyd van hersiening en nadenking wees oor die skrifgedeeltes van die week.

2. Jy sal elke dag gevra word om ‘n gedeelte in die Bybel te lees in die WATER VAN SY WOORD.

3. Daarna sal jy gelei word om die gedeelte in WANDEL IN WAARHEID toe te pas en te deurdink.

4. Elke dag sal eindig met FOKUS DIE OE VAN JOU HART, wat ‘n geleentheid is om die week se fokus-Skrifgedeelte te memoriseer en oordink.



Lees die volgende verse en hou hulle deurgaans in jou hart en gedagtes tydens hierdie studie.

1 Johannes 4:18

Jesaja 54:4

Jesaja 62:4-5

Jesaja 61:10



Begin elke dag saam met die Here deur Hom te vra om jou te help om Hom met jou hele hart, siel, verstand en al jou krag te aanbid. (Ek beveel “In Christ Alone” deur Stuart Townend en Keith Getty aan. Dit kan op iTunes of YouTube gevind word.) Ek bid dat hierdie tyd van afsondering met God ‘n spesiale seën vir jou sal wees.



Na ‘n tyd van aanbidding, gaan oor in 'n gebed van lof en danksegging. Bely dan jou sonde en behoefte vir vergifnis. Sluit jou gebedstyd af deur God te vra om jou ontvanklik te maak vir die waarheid wat Hy graag in jou hart wil plant in die volgende ses weke. Mag God ‘n splinternuwe fondasie van getrouheid en vreesloosheid in jou lê wat alle vrees en ongeloof sal vervang. Moenie bang wees om Hom te vra om jou te help om Sy stem te hoor nie, om Hom te sien, en jou die genade te gee wat jy nodig het om te volg in die voetspore wat Hy jou vra om te volg.



Wees opgewonde! Die Here gaan iets nuuts doen! Mag jou hart tot oorlopens toe gevul word met die volheid van die Here!

Tensy anders vermeld, word Skrifaanhalings in die teks geneem uit die Nuwe Lewende vertaling en die '33-'53-vertaling. Kopiereg © 2006 deur Nuwe Lewende Vertaling, Christelike Uitgewersmaatskappy en 1953 deur Die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap. Alle regte voorbehou.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid