Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 10 VAN 88

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Deuternomium 32:39 (of Deuternomium 32:1-43) en 1 Samuel 2:1-10.

Let op wat leer omtrent die Here in hierdie gedeeltes.



WANDEL IN WAARHEID

Deurdink die Skrifte wat jy vandag gelees het. God beskryf Homself as Een wat doodmaak, Een wat vernietig. Het jy ooit voorheen hieroor nagedink? God is bo alle dinge, Hy regeer as Koning oor hemel en aarde. Niks kan gebeur wat Hy nie magtig, toelaat of goedkeur nie. Hy bereik altyd Sy hoogste en beste te alle tye. Hy laat werklik ALLE dinge meerwerk ten GOEDE. Hy is die heeltyd goed en die heeltyd God. Fokus hierop as jy bid vandag.



FOKUS DIE Oë VAN JOU HART

Herhaal saggies vandag se fokusgedeelte vir jouself. Bere dit in jou hart, oordink dit en maak dit jou gebed deur die dag.



Deuternomium 32:39

Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen ander god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit My hand red nie.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid