Leesplan inligting

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 13 VAN 88

WEEK 2: HERE, IS U IN DIE STORM?



DIE WATER VAN SY WOORD

Lees Efesiërs 1:11 en Handelinge 4:23-31.



Dink jy ooit by jouself, Hoe lank nog Here? Is dit nodig, Here? Sal ek ooit oorwin? Terwyl jy lees, vra die Here om jou Sy genade en ontferming te gee en jou selfgesentreerde, menslike denkwyse te verdryf. Vra die Here die geloof om vir Hom te sê, “Doen met my soos U wil, Here.”



WANDEL IN WAARHEID

Kom ons maak Handelinge 4:29-31 ons gebed: wat ookal gebeur, hoe bang ons ookal voel of hoe dinge ookal lyk, ons sal voortgaan in die Gees deur geloof, vreesloos! Wend jouself tot die Here en roep uit na Hom. Vra Hom om te doen wat slegs Hy kan, maar vra ook dat Hy jou help om te doen wat jy moet om in geloof te lewe, nie in vrees nie.



FOKUS DIE OË VAN JOU HART

Herhaal sag vandag se kernvers vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed regdeur die dag.



Deuteronomium 32:39

“Besef dit nou: Ek, ja, Ek is die Here! Daar is geen ander god as Ek nie. Ek is die Een wat doodmaak en wat lewe gee; Ek is die een wat verwond en gesond maak. Niemand kan uit my krag gered word nie.”


Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en dit wat jou in jou geloof terughou te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid en effektiwiteit in jou lewe en getuig! Ideaal vir besige ma's, enkell...

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries en skrywer Laurie Aker bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid