Leesplan inligting

Leef God se Goedheid UitVoorbeeld

Living Out God's Goodness

DAG 4 VAN 4

BOOTS GOEDHARTIGHEID NA



PRAAT MET GOD

Dank God vir sy goedhartigheid in ons. Vra Hom om jou te help om sy goedhartigheid aan ander te betoon.



KOM ONS BEGIN

Vat 'n klein spieëltjie en staan naby 'n venster waar die son in skyn. (As die son nie skyn nie, gebruik 'n flits.) Draai die spieël só dat dit die lig weerkaats. Neem beurte om die spieël vas te hou en die son se lig op elkeen te laat skyn. Moenie in ander se oë skyn nie. Fokus die lig eerder op hulle harte.



KOM ONS DELF DIEPER

Die persone wat in die weerkaatsing van die spieël was, kon sien dat die lig deur die venster kom en nie van die persoon wat die spieël vashou nie. Net so kan ons God se goedhartigheid aan ander weerkaats. Matteus 5:16 sê: "Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” God se goedhartigheid skyn deur jou en het die vermoë om harte te verander. Wanneer jy goed doen aan ander, weerspieël jy God se goedhartigheid aan hulle.



KOM ONS GESELS

* Watter maniere kan jy gebruik om God se goedhartigheid vandag aan ander te betoon?

* 'n Vuil spieël gee 'n dowwe weerkaatsing. Wat kan jou weerkaatsing van God se goedhartigheid belemmer?

* Wat kan jy doen om jou spieël helder en skoon te hou?
Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Out God's Goodness

"Soet wees!" is iets wat kinders oor en oor hoor — van hulle ouers, onderwysers en selfs baasspelerige ouer boeties en sussies. Wat behels dit nou eintlik om "soet te wees"? In hierdie 4-dag leesplan sal jy en jou kinder...

More

From Focus on the Family's www.focusonthefamily.com/youversion. © [2011] [Jeanne Gowen Dennis]. Used by permission. For more information, please visit: www.focusonthefamily.com/youversion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid