Leesplan inligting

Leef God se Goedheid UitVoorbeeld

Living Out God's Goodness

DAG 3 VAN 4

GOEIE MOTIEWE



PRAAT MET GOD

Dank die Here dat Hy ons motiveer om die regte ding te doen. Vra Hom om jou te help om, deur middel van jou goeie besluite, eer aan Hom te bring.



KOM ONS BEGIN

Maak 'n ketting van "goeie dade". Knip 'n klomp ewe groot stroke papier. Skryf 'n goeie daad wat jy vir 'n familielid of vriend kan doen, op elke strook. Gebruik gom of kleeflint om lusse te maak om die stroke aanmekaar te bind ('n ketting). Elke gesinslid kan elke dag een lus losmaak en daardie goeie daad vir iemand doen. Hier is die geheim: Moenie vir daardie persoon vertel dat jý dit gedoen het nie. Goedhartigheid moet jou fokus wees. Jy moet dit nie doen om erkenning vir jou goeie daad te kry nie.



KOM ONS DELF DIEPER

Dit is lekker as ons erkenning kry vir 'n goeie daad. Ons moet egter nie goeie dinge doen net om gesien te word nie. Jesus het gesê: “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie" (Matteus 6:1). Die rede hoekom ons iets doen (motivering), is net so belangrik soos wát ons doen (die goeie daad). Ware goedhartigheid word deur ons liefde vir God gemotiveer en ons begeerte om Hom tevrede te stel. Ons liefde vir Hom is die beste motivering om iets goed te doen, want dit bring eer aan God.



GESELS MET MEKAAR

* Vertel van 'n keer toe jy iets goeds gedoen het omdat jy gesien wou word.

* Is dit moeiliker om 'n goeie daad te verrig as niemand daarvan weet nie? Hoekom of hoekom nie?

* Waarom is God bly as jy goeie dade in die geheim doen?
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Out God's Goodness

"Soet wees!" is iets wat kinders oor en oor hoor — van hulle ouers, onderwysers en selfs baasspelerige ouer boeties en sussies. Wat behels dit nou eintlik om "soet te wees"? In hierdie 4-dag leesplan sal jy en jou kinder...

More

From Focus on the Family's www.focusonthefamily.com/youversion. © [2011] [Jeanne Gowen Dennis]. Used by permission. For more information, please visit: www.focusonthefamily.com/youversion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid