Leesplan inligting

Leef God se Goedheid UitVoorbeeld

Living Out God's Goodness

DAG 2 VAN 4

VOORTREFLIKE KARAKTER



PRAAT MET GOD

Dank die Here dat jy Hom kan vertrou, selfs as dinge skeefloop. Sy goedhartigheid en liefde verander nooit nie.



KOM ONS BEGIN

Neem beurte om agter 'n deur weg te kruip. Die persoon wat wegkruip kan enige gesigsuitdrukking uitbeeld — snaaks, hartseer, kwaad. Wanneer iemand die deur oopmaak, moet die een wat wegkruip dadelik glimlag. Vind dan uit of enigiemand kan raai hoe die een wat wegkruip se gesig gelyk het voordat hy geglimlag het.



KOM ONS DELF DIEPER

Jy probeer jou beste voetjie voorsit voor ander mense, maar wat gebeur as niemand jou sien nie? Jou goedhartigheid word nie bepaal deur hoe jy voor ander optree nie, maar wat in jou hart is. Psalm 44:21 sê dat God die geheimenisse van die hart ken. Hy weet wat jy dink, doen en sê — selfs as jy alleen is. God is altyd by jou en Hy help jou om sterk te staan en goeie besluite te neem.



GESELS MET MEKAAR

* Op watter maniere sit jy jou beste voetjie voor as jy in ander mense se geselskap is?

* Hoe voel jy oor die feit dat God altyd by jou is?

* Hoe help dit jou om goeie besluite te neem wanneer jy by iemand is en wanneer jy alleen is?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Out God's Goodness

"Soet wees!" is iets wat kinders oor en oor hoor — van hulle ouers, onderwysers en selfs baasspelerige ouer boeties en sussies. Wat behels dit nou eintlik om "soet te wees"? In hierdie 4-dag leesplan sal jy en jou kinder...

More

From Focus on the Family's www.focusonthefamily.com/youversion. © [2011] [Jeanne Gowen Dennis]. Used by permission. For more information, please visit: www.focusonthefamily.com/youversion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid