VerfrisVoorbeeld

Net soos ons voorheen bespreek het, beteken om nuut te begin nie dat jy jouself van alles moet stroop nie. Dit beteken nie dat elke deeltjie van jou lewe onbruikbaar is nie.
Soms begin vernuwing met bloot 'n nuwe perspektief op die wêreld om jou.
Dalk kom jy net 'n nuwe visie kort!
'n Vars visie kan die volgende bied:
- Duidelikheid
- Beplanning
- Bloudrukke
- Toekomstige sukses
- Wysheid
Te dikwels kom ons agter dat ons in 'n groef beland het. Ons stap na die een kant toe op soek na 'n uitweg net om te besef dat ons moet omdraai. Ons het nie die visie hoe om uit die groef te klim nie. Ons het nie die visie wat nodig is om te verstaan hoekom ons in die eerste plek in die groef beland het nie!
Sonder verandering sal ons die proses net herhaal.
Dit is tyd om uit die groef te klim; en dit begin deur die hernuwing van ons visie en om op God te herfokus.
'n Groef kan verteenwoordigend wees van 'n herhalende leefstyl wat ons nie meer 'n uitdaging bied nie, dus interesseer dit ons nie meer nie. Ons raak selfvoldaan. Dit is gewoonlik die teken dat dit tyd is om te groei en jou visie uit te brei. As jy in 'n groef is, is dit dalk 'n teken dat jy gereed is vir 'n groter uitdaging! Daardie uitdaging kan bereik word deur die uitbreiding of verdieping van jou visie.
Vee jou ruit skoon sodat jy kan sien waarheen jy op pad is en hoekom jy soontoe op pad was.
Terwyl jy die reis waarop jy tans is ondersoek, is dit belangrik om te verhoed dat jou vars visie deur afleiding, struikelblokke en besware in die wiele gery word. Ons moet strategies wees met wat ons in ons harte en in ons gedagtes plaas.
Sodra ons ons gedagtes verfris het en ons 'n vars visie het, sal ons beter voorbereid wees vir die res van ons reis.
Uiteindelik kan ons dan uit ons groewe klim.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die lei is skoon, dit is 'n nuwe dag, en dit is tyd om voor te begin. 'n Vars visioen, 'n vars vuur, vars manna, en vars wind! Sluit by David Villa se nuutste leesplan aan waarin hy bespreek hoe ons die Woord van God kan gebruik om ons visie, ons vuur, ons manna en ons wind elke dag te verfris!
More