Leesplan inligting

Intensionele LeierskapVoorbeeld

Intensionele Leierskap

DAG 7 VAN 9

7. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Natuurlike Herstelvermoë - Regmatige Lyding - Deursettingsvermoë

Wanneer ons na statistiek oor geestelike gesondheid kyk, kan ons sien dat daar ʼn groot probleem is wat ons natuurlike herstelvermoë negatief beïnvloed. Die Angstige Generasie, of Generasie Z, bestaan en tree op ʼn sekere manier op a.g.v. die manier hoe ons lewe en hoe ons ons kinders grootmaak. Hierdie generasie betree nou die werkplek en hoe kan ons, as leiers, hulle help om deursettingsvermoë te ontwikkel? Hoe help ons hulle om ʼn natuurlike herstelvermoë te ontwikkel en te leef? Paulus sê die volgende in Romeine 5: "Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting.”

Ons moet hierdie jongmense toelaat om regmatige of egte lyding te ervaar. Ons natuurlike herstelvermoë ontwikkel slegs wanneer ons moeilike situasies en tye moet hanteer, wanneer ons lyding ervaar en wanneer ons die gevolge van ons besluite moet dra. Ongelukkig het ek al baie leiers gesien wat hulle mense te vinnig uithelp en die werk vir hulle mense doen. Dit is ʼn negatiewe taktiek wat mede-afhanklike werkers kweek en selfvertroue vernietig. Die beste leiers bemagtig hul mense om hulle eie besluite te neem en om aanspreeklikheid vir die besluite te aanvaar. Dit beteken nie dat jy jou mense afskeep nie. Jy ondersteun hulle juis deur hulle aan te moedig en hulle te laat glo dat hul uit goeie en slegte ondervindings kan leer en kan groei. Die uiteinde hiervan sal ʼn kultuur wees waar ons oor die langtermyn volhard en volhoubare besighede bou met mense wat in hul vermoëns glo, ongeag die omstandighede waarmee hulle gekonfronteer word.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege...

More

Ons wil graag Themba Thandeka Leadership Institute bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadwithintent.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid