Leesplan inligting
Intensionele LeierskapVoorbeeld
![Intensionele Leierskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31904%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
8. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur
Innovasie - Nuuskierigheid - Leer en Vooruitgang
As leiers regtig vir hulle spanne en kliënte omgee, sal hulle ʼn behoefte hê om dinge te verbeter sodat hulle spanne en kliënte voordeel daaruit kan trek. Dit is wys van ʼn leier om voortdurend na nuwe maniere te soek om hul werknemers en kliënte te bedien. Hierdie soort leiers word gerespekteer (Spreuke 12:8). Ons kan nie in ons manier van dinge doen vasgevang word en verwag dat dinge op hul eie sal verbeter nie. Die beste manier vir leiers om aan te hou innoveer, is deur nuuskierigheid aan te wakker. Die beste leiers met wie ek gewerk het, het ʼn stel vrae wat hulle konsekwent vra om aan te hou soek na beter, meer effektiewe maniere om werknemers en kliënte te bedien. Sodra jy ophou vrae vra, is jy in ʼn gemaksone.
Baie verwysings in die Bybel waarsku teen nuuskierigheid, maar dit verwys meer na origheid eerder as 'n positiewe nuuskierigheid wat as leergierigheid beskryf kan word. Die mees nuuskierige wese op die planeet is ʼn klein kind. As jy die voorreg het om ʼn ouer te wees, sal jy weet waarvan ek praat. Klein kinders bly vra: "Hoekom?"
Jesus daag ons in Markus 10:14 met hierdie woorde uit: "Laat die kindertjies toe om na my toe te kom. Moenie hulle keer nie. Want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is. Ek verseker julle, wie God se koninkryk nie soos ʼn kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.” Kinders is nuuskierig, hulle vra vrae en wonder oor alles wat hulle sien. As leiers moet ons nooit ophou wonder nie. In ons werk met korporatiewe maatskappye het ons gesien dat konsekwente leer en volhoubare vooruitgang in die besigheid ingeskerp word sodra nuuskierigheid ʼn praktyk word.
Aangaande hierdie leesplan
![Intensionele Leierskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31904%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege...
More
Ons wil graag Themba Thandeka Leadership Institute bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadwithintent.co.za/
Verwante Leesplanne
![My Allerbeste vir Sy Hoogste](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47484%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
My Allerbeste vir Sy Hoogste
Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
![Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F46774%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Die Prys Van Dissipelskap
![Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47074%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
![Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F46771%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed
![Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47465%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's
![’n Oproep tot Dienende Leierskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47178%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
’n Oproep tot Dienende Leierskap
![Waarom antwoord God nie my gebed nie?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43285%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Waarom antwoord God nie my gebed nie?
![7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F46379%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid
![Die Bron van jou blydskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47563%2F320x180.jpg&w=640&q=75)