Leesplan inligting

Intensionele LeierskapVoorbeeld

Intensionele Leierskap

DAG 4 VAN 9

4. Beginsel - Praktyk - Impak op Kultuur

Dankbaarheid - Feesviering - Waardering

Paulus was altyd dankbaar vir die mense waarmee hy gewerk het. ʼn Wonderlike voorbeeld hiervan is aan die begin van sy brief aan die Filippense: "Elke keer as ek aan julle dink, dank ek julle. Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal.” Paulus sit in die tronk en hy is steeds vol dankbaarheid. Is jy dankbaar vir wat jy het en vir waar jy is? Een van my mentors sê altyd: “Jy is presies waar God jou sal ontmoet.” Paulus is in die tronk opgesluit en hy is dankbaar vir die mense wat saam met hom werk om ʼn gemeenskaplike doel te bereik. Hoe dikwels is jy dankbaar vir jou kollegas by die werk?

Die beste manier om as ʼn leier in die werksplek jou dankbaarheid te toon, is om die mense wat saam met jou werk se lewens te vier. Moenie dit delegeer nie! Ruim tyd in om vir mense ʼn boodskap te stuur waarin jy jou dankbaarheid vir wie hulle is, uitspreek. Praat oor die persoon se karakter en nie oor die resultate wat hulle behaal het nie. Vier hulle menslikheid, nie hulle produktiwiteit nie. Wanneer ons mense vier, voel hulle waardig. Wanneer ons mense vier, voel hulle dat hulle waardeer word. Ons het al in baie besighede gesien dat mense hulle tyd en produktiwiteit vrywillig aanbied wanneer hulle gewaardeerd voel. Mense is nie waardevol omdat hulle produktief is nie. Mense is waardevol omdat God hulle na sy beeld geskep het en ons vier dít deur gereeld vir hulle te sê dat hul waardeer word. Byvoorbeeld: Ek laai my dogtertjie elke oggend by die skool af en dan sê ek vir haar: “Grace, ek en Mamma is so dankbaar dat jy ons dogtertjie is en die wêreld is ʼn beter plek omdat jy leef!”

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Intensionele Leierskap

Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege...

More

Ons wil graag Themba Thandeka Leadership Institute bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.leadwithintent.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid