Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 9 VAN 9

Die voordele van Bybelse Gemeenskap: Ons help mekaar getuig

Wat bedoel ek daarmee? Jy het ‘n lewensbelangrike boodskap wat God wil hê jy met die wêreld moet deel. Gelukkig stuur die Here jou nie alleen uit nie. Net soos ‘n soldaat nie op sy eie uitgaan nie.

Wat is die beste manier om te getuig teenoor mense wat nie die Here ken nie? Die Here sê dis deur ander lief te hê. Jesus sê in Johannes13:34-35: “Julle liefde vir mekaar ...” Hy het nie gesê julle liefde vir God of julle liefde vir My nie, maar julle liefde vir mekaar sal aan die wêreld bewys dat julle sy dissipels is. As ons nie ander in die familie van God liefhet nie, het ons rede om te twyfel of ons regtig deel is van God se familie. Wanneer jy waarlik deel is van God se familie, begin jy om ander in God se familie lief te hê en vir hulle om te gee.

Wat mense van ‘n gemeente moet beïndruk is nie die grootte van die gemeente nie, nie die gebou, die preke, of die sang nie, maar dat dit die plek is waar hulle vir jou omgee. Dis waar jy nie perfek hoef te wees nie, maar hulle is steeds lief vir jou. Dis waarvoor hulle jou gemeente, waarvan jy deel, is moet ken.

Ons is ‘n familie, ‘n geestelike familie en net soos enige ander familie gaan ons met tye dalk op mekaar se tone trap, mekaar irriteer of frustreer, want ons is en bly mense. Die geheim is, dat ten spyte hiervan kan ons mekaar verdra, mekaar vergewe en mekaar reghelp en nie mekaar verrinneweer nie. Dis wat die wêreld daar buite sien; hoe ons mekaar binne die kerk, binne die gemeenskap van gelowiges hanteer en behandel. Dis ons grootste advertensie.

Ons het almal mekaar nodig. Ons het ander gelowiges nodig om saam met ons te reis, saam met ons te werk, saam met ons te huil, saam met ons te lag en te wag as ons moet wag en saam met ons te getuig.

In die kerk gaan dit als oor gemeenskap.

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid