Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 7 VAN 9

Die voordele van Bybelse Gemeenskap: Ons kyk uit vir mekaar

Ons kyk uit vir mekaar. Ek praat van mense wat my sal beskerm, wat sal opstaan vir my, wat my sal verdedig. Mense wat my sal help om op die regte pad te bly, my sal waarsku en my sal help. Ons het dit almal nodig, want ons het almal daardie blinde kolle in ons lewe. Filippense 2:4: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.”

Dis nogal teenstrydig met hoe ons eintlik lewe, is dit nie? Die algemene idee is mos – dit gaan net oor my. Maar die vers sê ons moenie net op die uitkyk wees vir ons eie belange nie, maar ook vir dié van ander.

As ons die Buurtwag teken sien,weet ons wat dit beteken; die mense kyk uit vir mekaar. As jy op vakansie gaan, laat weet jy hulle sodat hulle jou huis sal dophou.

Maar die vraag is nie of iemand op die uitkyk is vir jou goed nie, maar is iemand op die uitkyk vir jou hart. Jou hart is baie meer as jou goed. Is daar iemand wat geestelik op die uitkyk is vir jou?

Prediker 4:12: “Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied.”

Is daar iemand wat sê: "Ek is hier wanneer jy deur ‘n moeilike tyd gaan. Ons gaan jou nie alleen laat as jy bekommerd is of mismoedig voel nie." As dit nie so is nie, is dit jammer. Dis asof jy dan met ‘n teiken op jou rug rondloop – die vyand sien dit en sê: "Aa, hier is iemand wat alleen is. Hulle is nie deel van ‘n Bybelse gemeenskap nie. Hulle is ‘n maklike teiken."

Dink aan die natuur – ‘n wolf sal sy prooi skei van die res van die kudde en dit dan doodmaak. Ons het ook ‘n vyand wat ons wil skei van die veiligheid van ons Bybelse gemeenskap.

God se antwoord hierop is die Kerk en Bybelse Gemeenskap – mense wat daar is om my te help, om jou te help verander en te help as jy val – om jou weer op te tel.

Gebed: Dankie Here dat U mense in my lewe geplaas het wat my vangnet is wanneer dinge vir my te veel raak. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid