Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 4 VAN 9

Bybelse gemeenskap: Die belangrikheid van Koinonia

Ek was nog altyd ‘n passievolle rugby-ondersteuner. Daar was nie ‘n wedstryd op Loftus wat ek gemis het nie. Maar nou het ek genoeg gehad. Jy sal my nooit ooit weer naby ‘n stadium kry nie. Weet jy hoekom?

Elke keer wanneer ek gaan, vra hulle my geld.

Die mense saam met wie ek moes sit, het nie baie vriendelik gelyk nie.

Die sitplekke was hard en glad nie gemaklik nie. Ek het baie wedstryde gaan kyk, maar die afrigter het my nooit gebel of kom sien nie.

Die skeidsregter het ‘n besluit gemaak waarmee ek nie kon saamstem nie.

Ek dink ek het saam met ‘n klomp skynheilige mense gesit – hulle het gekom om hulle vriende te sien en om te kyk wat ander aan het, eerder as om na die wedstryd te kom kyk.

Party wedstryde het in beseringstyd ingegaan, so ek het laat by die huis gekom.

Hulle het musiek en liedjies gespeel wat ek nog nooit gehoor het nie.

Dit lyk my hulle skeduleer die wedstryde wanneer ek ander dinge wil doen.

Toe ek ‘n kind was is ek na te veel wedstryde toe gevat deur my ouers.

Ek wil nie my kinders na enige wedstryde toe vat nie, want ek wil hê hulle moet self kies van watter sport hulle die meeste hou. Ek is seker jy verstaan die parallel, dis nie nodig dat ek dit verduidelik nie.

Deesdae kan ons sekerlik vra: "Is dit nog belangrik om kerk toe te gaan of aan ‘n kerk te behoort?" Die afgelope tyd is dit ‘n baie relevante vraag – siende dat ons so gewoond geraak het aan aanlynkerk. Die vraag ontstaan dan: “Is dit nog nodig om kerk toe gaan as ek enige tyd in die week na die diens kan kyk (as ek lus het)?”

Wel, die antwoord sou seker wees: Om kerk toe te gaan is nie so belangrik, as om KERK te wèès nie.

Dink bietjie na oor wat die verskil is tussen om kerk toe te gaan en om kerk te wees.

Wat dink jy het Jesus in gedagte gehad moet die kerk wèès?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid