Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 6 VAN 9

Die voordele van Bybelse Gemeenskap: Ons help mekaar dien

Efesiërs 2:10: “Hy het ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

Wanneer jy ook al jou talente en vermoëns gebruik om ander te help, word dit bediening of diens genoem. Wat dit beteken is dat wanneer jy ook al jou talente en gawes gebruik wat die Here jou gegee het om ander te help, doen jy wat die Here wil hê jy moet doen. Dis jou goeie werke. Die Here wil hê ons moet leer om te dien. Dis nie iets wat vanself kom nie. Ons wil graag gedien word, maar ons moet egter leer om ander te dien.

Maar ons hoef dit nie alleen te doen nie, ons kan dit saam met mekaar doen.

Prediker 4:12: “Twee vaar beter as een. Hulle kry meer gedoen.” Almal weet dit – jy kry meer gedoen as ‘n span. Dis meer pret en minder uitputtend. Dink byvoorbeeld wanneer twee perde in dieselfde juk trek: een perd kan ongeveer ‘n gewig van 3 600 kg trek. Hoeveel dink jy kan twee perde trek? 7 200 kg? Nee, nie twee keer soveel nie, maar drie keer soveel. Twee saam kry soveel meer gedoen.

‘n Enkele sneeuvlokkie is maar broos en sag, maar as genoeg sneeuvlokkies aan mekaar klou, kan dit die verkeer stop. Op my eie mag ek nie so 'n groot verskil in die wêreld maak nie, maar saam het ons ‘n reuse impak.

Dink bietjie na oor die gawes waarmee die Here jou geseën het. Maak 'n lysie op’ n stukkie papier of in jou joernaal. Vra vir die Here om jou te wys hoe jy dit saam met ander kan gebruik om ander mense te dien.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid