Leesplan inligting

Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

DAG 2 VAN 9

Bybelse gemeenskap: Die vyand is listig

Ons het ander mense nodig. Ja, ons het mekaar nodig.

Ons as gelowiges het ‘n persoonlike vyand. Hy is daarop uit om ons te verwoes. Hy wil probleme in jou lewe veroorsaak. Hy wil jou verhoudinge vernietig. Hy wil jou so seer as moontlik maak. Hoekom sal hy dit wil doen? Want hy kan nie die Here seermaak nie. Wat die vyand wil doen, is om die Here seer te maak, maar hy kan nie. Wanneer jy iemand nie kan seermaak nie, wat doen jy? Jy teiken hulle kinders. So daarom teiken die vyand God se kinders. Hy gee nie om wat dit vat of hoe seer jy kry nie. Die oomblik wanneer jy in die oggend wakker word het hy al ‘n plan hoe hy gaan probeer om jou dag sleg te maak – om dit te vermors deur woede, bekommernis, verwyte, vrees, skaamte, depressie of bitterheid. Hy sal enigiets doen om alles vir jou op te mors.

Wanneer die vyand kom, kom hy nie in ‘n rooi kostuum en ‘n vurktand en sê “Boe” nie. Hoe mors hy ons lewe op? Deur gewoontes wat jy nie wil breek nie, deur seer wat jy nie wil laat gaan nie, deur bitterheid waaraan jy vashou, deur slegte gewoontes wat jy in jou lewe het en nie wil verander nie; deur probleme en omstandighede, deur verhoudinge wat jou hart breek en jou seermaak. Meeste gelowiges is verslaan. Hulle leef verslae. Hoekom? Want hulle probeer alleen baklei. En dis dom. Jy het mense nodig wat uitkyk vir jou en jou sal help en sal opstaan vir jou en vir jou sal intree.

Ek moedig jou aan - vra biddende vir die Here om vir jou te wys waar jy by ‘n groep geloofsvriende by die kerk of die werk kan aansluit, wat jou op jou lewenspad kan ondersteun en wat kan help om die reis ‘n fees te maak.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Voordele Van Bybelse Gemeenskap

COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid